Gearkamp (Graad 7 kampe) – Kaap – Durbanville

Hallo ouers,

My Durbanville tienerkampe word by Kamp Taaibosch gehou. ‘n Rustieke, eko-vriendelike, off-grid kamp fasiliteit in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Indien jy vir meer as een kind bespreek moet jy asb vir elkeen ‘n aparte vorm voltooi.

Koste beloop R1380 per kampganger.  Maak asb seker dat jy die KORREKTE VERWYSING gebruik wanneer jy betaal. Dit is BAIE belangrik om ons admin proses te vergemaklik

‘n Verskeidenheid speletjies en aktiwiteite, swem in die plaasdam en al die bemagtiging vir die hoërskool is ingesluit. This is going to be epic!

Die temas wat ek op die kamp hanteer is absoluut relevant en ouderdomsgepas. Ons kinders het so baie uitdagings in die hoërskool – van akademiese druk en selfstandige werk tot by die kuiers, drank en sosiale media.

Intussen wil elke ouer graag hulle kind sien die hoërskool geniet en gesonde keuses maak, met goeie vriende die pad sien stap en bereid om op te staan vir dit wat hulle glo – ‘n uitdaging vir enige een van ons as ouers.

Temas wat onder andere by die kamp hanteer word:

Ek hanteer onder ander die volgende

  • Akademie en praktiese wenke daarrondom
  • Aanpassing en n nuwe vriendekring
  • Vind jou plek
  • Sosiale media – ‘n nuwe ball game
  • Kuiers – geniet dit saam met goeie keuses
  • Pornografie, seks, uitgaan, vry – kry die feite, God se droom, die know-how en kies die regte grense
  • Jou verhouding met God – leer ken Jesus as die beste Vriend

Hierdie kamp is absoluut lewensveranderend en het al só ongelooflik baie beteken vir só baie kinders.

Paar stukkies info wat jou kan help

  • Dit word gehou net buite die noordelike voorstede van Kaapstad by Kamp Taaibosch
  • Dis nét vir graad 7’s wat in 2025 hoërskool toe gaan. Die jonger klomp moet ongelukkig nog wag, en die hoërskool ouens en meisies het hulle eie kamp.
  • Dis beter as jou kind saam met hulle beste maats kom. As ‘n hele groep dieselfde waarheid weet maak hulle makliker besluite in die groep
  • Dis okay as jou kind alleen ook kom. Honderde kinders het dit al so gedoen en net so baie daarby gebaat
  • Die kampe begin almal 18:00 op die eerste dag, en maak 12:00 klaar op die laaste dag
  • Engelse kinders wat Afrikaans verstaan, kan ook die naweek bywoon. I speak a very easy Afrikaans, you knows, haha
  • Seuns en meisies slaap apart, maar woon die sessies saam by
  • Daar is ongelooflike praise en worship wat al wêrelde geskuif het vir duisende kinders.
  • Aangesien daar beperkte plek is, is n deposito van R400 betaalbaar om jou kind se plek te verseker. Die balans is een maand voor die aanvang van die kamp betaalbaar.  Indien jy binne ‘n maand van die kamp registreer is die volle bedrag betaalbaar.
  • Kinders van die wyer Kaap en omliggende omgewings woon hierdie kampe by, dit in gedagte, moet jy asb so gou moontlik bespreek. Plekke gaan beperk wees
Naam & Van (van Ouer/voog)(Required)
Naam & Van (van kind)(Required)
Bespreekte plek vir een kind(Required)
Ongeag jou kind se ouderdom, hy/sy moet ‘n ingeskrewe leerder wees in graad 7
Geslag van kind(Required)
Voorwaardes en termes:(Required)

Bankbesonderhede:

ABSA
G Wiid
Tjekrekening 4096890605
Tak 632005
Verwysing:

Gear D + jou selfoonnommer soos hierbo aangedui

*** Maak asb doodseker van jou verwysing – daar is talle besprekings waar die verwysing verkeerd is en ons nie kan bevestig nie***

R1380 per kind (sluit verblyf, etes en al die sessies in)

* Deposito betaalbaar om bespreking te bevestig: R400