Hoërskoolkampe – Kaap – Mosselbaai

Hallo ouers,

My Mosselbaai tienerkampe word by Eksderde Mosselbaai gehou.

Indien jy vir meer as een kind bespreek moet jy asb vir elkeen ‘n aparte vorm voltooi.

Koste beloop R1380 per kampganger. Maak asb seker dat jy die KORREKTE VERWYSING gebruik wanneer jy betaal. Dit is BAIE belangrik om ons admin proses te vergemaklik

Daar is heerlike watersport, die rivier, volleyball, swembad, gaza ball en natuurlik hulle baie fantastiese snoepie.

This is going to be epic!

Temas wat onder andere by die kamp hanteer word:

  • Verhoudinge en alles daarrondom.
  • Grense, dating, vry, respek, vriende ens.
  • Sosiale media en die grense wat nodig is – die gevare, die tyd en al die moets en moenies
  • Kuiers vir die ouer kinders, sjoe!
  • En natuurlik hulle verhouding met God en hul geestelike groei

Hierdie kamp is absoluut lewensveranderend en het al só ongelooflik baie beteken vir só baie kinders.

Paar stukkies info wat jou kan help

  • Dit word gehou by Eksderde kampterrein Mosselbaai
  • Dis nét vir graad 8 – 11 kinders. Die jonger klomp (graad 7’s is welkom om te bespreek vir ons Gearkampe)
  • Dis beter as jou kind saam met hulle beste maats kom. As ‘n hele groep dieselfde waarheid weet maak hulle makliker besluite in die groep
  • Dis okay as jou kind alleen ook kom. Honderde kinders het dit al so gedoen en net so baie daarby gebaat
  • Die kampe begin almal 18:00 op die eerste dag, en maak 12:00 klaar op die laaste dag
  • Engelse kinders wat Afrikaans verstaan, kan ook die naweek bywoon. I speak a very easy Afrikaans, you knows, haha
  • Seuns en meisies slaap apart, maar woon die sessies saam by
  • Daar is ongelooflike praise en worship wat al wêrelde geskuif het vir duisende kinders.
  • Aangesien daar beperkte plek is, is n deposito van R400 betaalbaar om jou kind se plek te verseker.
  • Kinders van die wyer Kaap en omliggende omgewings woon hierdie kampe by, dit in gedagte, moet jy asb so gou moontlik bespreek. Plekke gaan beperk wees
Naam & Van (van Ouer/voog)(Required)
Naam & Van (van kind)(Required)
Bespreekte plek vir een kind(Required)
Geslag van kind(Required)
Voorwaardes en termes:(Required)

Bankbesonderhede:

ABSA
G Wiid
Tjekrekening 4096890605
Tak 632005
Verwysing:

Verwysing: HK M + Selfoonnommmer (asb geen name as verwysing)

*** Maak asb doodseker van jou verwysing – daar is talle besprekings waar die verwysing verkeerd is en ons nie kan bevestig nie***

R1380 per kind (sluit verblyf, etes en al die sessies in)

* Deposito betaalbaar om bespreking te bevestig: R400