-
Eerste huwelike (met God in jou huwelik) is alreeds met tye moeilik. Ouerskap in sulke huwelike is soms n ewe groot uitdaging. Wat dan nog van hersaamgestelde gesinne! Myne, joune, ons s'n! Taai toffie! Ek het absolute kenners saam met my in die kursus – ‘n mediator en advokaat vir al die regsdinge, en ‘n spesialis terapeut vir al die emosionele en verhoudingskwessies. Onderwerpe sluit in: ‘n Nuwe entiteit Nuwe tradisies Die prioriteit en plek van die nuwe huwelik Die eks wat nie wil saamwerk nie Dissipline - twee huise, twee stelle reëls Stiefouers en dissipline Konflik tussen nuwe broers en susters Die aanpassing en hoe dit verskillende ouderdom kinders raak Finansies Jou bonuskinders en maniere om hulle te wen Die opofferinge wat elkeen moet (en gaan) maak. En vele meer.... Hierdie is soos n sessie met n mediator, terapeut, verhoudingskundige en advokaat - alles in een.
-
My 12-dele kursus vir verloofdes, ernstig verliefdes en almal wat wil belê in hulle verhouding voordat hulle trou. In hierdie 12 dele hanteer ek die volgende : 1. Compatibility - julle agtergrond, droom en persepsie oor die huwelik en julle waardes 2. Seisoene en fases waarop jy voorbereid moet wees 3. Skoonfamilie, bande en bagasie 4. Vriende en ander grense 5. Geld - bestuur, drome en doelwitte 6. Kommunikasie deel 1 - hoor mekaar, verstaan mekaar. Triggers, filters en ander dinge wat konflik bemoeilik 7. Kommunikasie deel 2 - jou manier, my manier en die beter manier 8. Seks deel 1- God se plan, die amazing hoogtepunte, die wittebrood en die potensiële seer kant van verwerping, frustrasie en angs 9. Seks deel 2 - my behoeftes en jou behoeftes. Let's meet halfway in heaven, haha 10. Hou jou huwelik lewendig met passie, groei en konneksie 11. Tradisonele jakkalse 12. God se wenplan met verbond - eenheid, heiligheid, reinheid. Julle geestelike groei en verhouding met mekaar
-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus