POSITIEWE OUERSKAP (MP3 Oudio – Slegs aflaaibaar)

R99.00

CD (MP3): Positiewe Ouerskap
Disk 1:
1. As die huis op rots gebou is
2. Die mag van die voorbeeld wat kinders sien (by ouers, maats en die media)
3. Hoe handhaaf ek ‘n gesonde balans met aandag en tyd
4. Jy sê jy aanvaar jou kind onvoorwaardelik – hoe ervaar jou kind dit?
5. Kan enige iemand net help met roetine en struktuur, asseblief!
6. My kind het ronde handjies en dink geld groei op bome – verantwoordelikheidsin en kinders
7. My kind en Jesus – hoe leer ek hom reg?

Disk 2:
1. Kom ons raak lekker prakties met praktykvoorbeelde wat defnitief sal help
2. Ons maak klaar

Oor die aanbieder: Wanneer ons die geleentheid het om ‘n positiewe verskil te maak in die lewe van kinders en ouers word ons meedoeners in die verandering van die sameleweing. Gretha glo dat ‘n mens se opvoeding as kind, jou keuses as man of vrou en die mense wie jy kies as geselskap, jou dikwels negatief slyp en weerhou van jou Goddelike ontwerp. Wat haar egter opgewonde maak is volgehoue geleenthede tot verbetering, versterking en eindelik: lewensverandering. Gretha se bediening fokus daarop om kinders en ouers te begelei in hierdie lewensverandering. Ten einde dit te bereik, bied Gretha werkswinkels, seminare en kampe aan vir tienerdogters en seuns in die veld van seksualiteit en leierskap. Sy het ook verskillende ouerskap CD’s om ouers te begelei in die opvoedingstaak van seksualiteit, dissipline en positiewe ouerskap. Gretha bied ook Huweliksverrykingskampe aan en tree op as motiverende spreker. Vanuit haar getuienis is dit duidelik dat God ons ervaringe gebruik en ten geode laat meewerk om met nuwe na ons verlede te kyk en met ‘n verwagting vooruit te gaan. Gretha is gesên met drie dogters, Giano, Tênne en Ghitte.

  Ask a Question
Category:

Produk Beskrywing

General Enquiries

There are no enquiries yet.