Worthy Women conference 2010 – Wonder jy soms of God jou gebede hoor? – Voel jy partykeer of daar te veel sonde in jou lewe is, en dat dit die rede is waarom jou omstandighede nie verander nie? Ry jou geloof in God wipplank saam met die duisende emosies wat jy ervaar? – Indien jy een van die vrouens is wat hiermee worstel, is die goeie nuus dat jy nie alleen is nie. Miljoene vroue staan elke oggend op met die hoop dat hulle huwelike gered sal word, hul kinders sal verander, hul gesondheid aangeraak sal word of finansies by ‘n plek van uitkoms sal kom. Hulle bid en glo, maar word soms oorweldig deur die twyfel. Wanneer omstandighede boonop nie verander nie, bevind vroue hulself maklik by ‘n plek van wanhoop, en wonder of God dan nie hul gebede en smekinge hoor nie. By die Worthy Women Konferensie 2010 het vroue weer hoop gekry. As kinders van die Here, is die duisende vroue wat der was, uitgedaag om dieper te delf in die Woord, waaksaam te wees oor die dinge en mense na wie hulle luister, gewaarsku om nie meegesleur te word deur die dinge wat hulle om hulle sien gebeur nie, en bowenal versigtig te wees vir hul gedagtes en emosies. Vroue is bemoedig om vas te hou aan God, sy beloftes en sy Woord. Daarom, met die tema, Geloof, Hoop en Liefde, is elke vrou met nuwe brandende vlam huis toe – gereed om te weet, te glo en te leef dat God ons liefhet en ons hoor, en dat niks ons uit Sy hand kan ruk nie.