-
Reis saam met my deur die verhale van vroue by wie ons leer, vroue met wie ek en jy kan identifiseer.
-
Eerste huwelike (met God in jou huwelik) is alreeds met tye moeilik. Ouerskap in sulke huwelike is soms n ewe groot uitdaging. Wat dan nog van hersaamgestelde gesinne! Myne, joune, ons s'n! Taai toffie! Ek het absolute kenners saam met my in die kursus – ‘n mediator en advokaat vir al die regsdinge, en ‘n spesialis terapeut vir al die emosionele en verhoudingskwessies. Onderwerpe sluit in: ‘n Nuwe entiteit Nuwe tradisies Die prioriteit en plek van die nuwe huwelik Die eks wat nie wil saamwerk nie Dissipline - twee huise, twee stelle reëls Stiefouers en dissipline Konflik tussen nuwe broers en susters Die aanpassing en hoe dit verskillende ouderdom kinders raak Finansies Jou bonuskinders en maniere om hulle te wen Die opofferinge wat elkeen moet (en gaan) maak. En vele meer.... Hierdie is soos n sessie met n mediator, terapeut, verhoudingskundige en advokaat - alles in een.
-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus
-
Vir elke mamma wat graag n begin-gesprek met haar poplap wil hê oor die bytjies en die blommetjies, sonder te veel detail en inligting.
Ek belowe dat jy lekker gaan lag, heerlike bonding gesprekke gaan hê, die wegtrek basics gaan leer ken en 'n wonderlike deur gaan oopmaak om vir haar die vrymoedigheid te gee om vrae te kom vra en te gesels oor als wat sy hoor, waaroor sy wonder en wat sy sien by die skool en by maatjies.
-
Hierdie kursus sal jou die wonder laat ontdek van hoe ongelooflik jou liggaam geskape is. Dit sal die nuuskierigheid wat leef in jou hart sommer stilmaak met al die praktiese, reguit antwoorde hierop. Die beste deel van alles is dat jy lekker gaan lag. Sommige goedjies gaan jou dalk ‘n bietjie laat bloos en ander gaan jou ‘n a-ha oomblik laat hê. Maar as jy klaar gekyk het sal jy rustig wees in jou hart, met ‘n vaste wete dat jy nie net kosbaar is nie, maar jou liggaam wonderlik!

Dit beloof om ‘n inspirerende kursus te wees, “jam-packed” met inligting oor als wat wag. Verhoudinge Aanpassing op universiteit Keuses Vriende Geloof Geldsake Akademie Oorlewing en meer