-
Dit beloof om ‘n inspirerende kursus te wees, “jam-packed” met inligting oor als wat wag. Verhoudinge Aanpassing op universiteit Keuses Vriende Geloof Geldsake Akademie Oorlewing en meer
-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus
-
Hierdie is vir elke vrou wat op haar eie manier hoop nodig het-ongeag jou omstandighede en storie. Dit gaan mooi wees, jou inspireer en bo alles net dalk die hoop gee wat jy iewers in jou menswees en vrouehart verloor het.
-
Daar word gesê dat 'n pa 'n seun se eerste held is, en 'n dogter se eerste liefde - woorde wat nie net waar is nie, maar wat baie meer waarde dra as dit wat ons besef. Met die kyk van hierdie kursus, sal pa's besef dat hulle meer is as blote broodwinners of dissiplineerders - dat hulle geestelike outoriteit en voorbeeld oor generasies heen strek. Geniet die kursus - daar is 'n gesin wat angstig wag!
-
Eerste huwelike (met God in jou huwelik) is alreeds met tye moeilik. Ouerskap in sulke huwelike is soms n ewe groot uitdaging. Wat dan nog van hersaamgestelde gesinne! Myne, joune, ons s'n! Taai toffie! Ek het absolute kenners saam met my in die kursus – ‘n mediator en advokaat vir al die regsdinge, en ‘n spesialis terapeut vir al die emosionele en verhoudingskwessies. Onderwerpe sluit in: ‘n Nuwe entiteit Nuwe tradisies Die prioriteit en plek van die nuwe huwelik Die eks wat nie wil saamwerk nie Dissipline - twee huise, twee stelle reëls Stiefouers en dissipline Konflik tussen nuwe broers en susters Die aanpassing en hoe dit verskillende ouderdom kinders raak Finansies Jou bonuskinders en maniere om hulle te wen Die opofferinge wat elkeen moet (en gaan) maak. En vele meer.... Hierdie is soos n sessie met n mediator, terapeut, verhoudingskundige en advokaat - alles in een.
-
Van kleins af word ons geleer van gebedjies wat ons deel met Liewe Jesus. Ons ken ‘n klomp rympies en sê dit op in die naam van gebed. Tog het Jesus self baie spesifieke lering gehad oor hierdie belangrike aspek van ons geloof en verhouding met Hom. As ons die krag van gebed werklik snap, sal ons meer tyd in Sy teenwoordigheid wil spandeer. Wanneer ons regtig besef hoeveel waarde dit het om stil te raak, ons harte uit te stort en op Hom te wag, sal ons gretig wees om Hom te ontmoet weg van die lawaai en gejaag van die lewe, agter ‘n toe deur waar ons naak eerlik op ons knie kan wees. Leer ken die geheimenis van ‘n kragtige gebedslewe. Weerstaan die vyand op nuwe maniere, en skuif die grense van jou geloof, hoop en deurbraak.
-
Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self. Daniël se vriende is getoets in vuur. Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is. Vuur is nou maar een maal kragtig! Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer. Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand. Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.
Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.
Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is. Beauty from ashes!
-
Ek weet nie van jou nie,maar ek het ‘n begeerte om ‘n vrou van invloed te wees. Ek wil meer wees as ‘n mamma wat kinders grootmaak, die huis versorg , ‘n inkomste verdien vir my huisgesin se oorlewing of ‘n vrou wat daar is vir my man se behoeftes. Maak geen fout nie; ek WIL al hierdie dinge doen (omdat dit vir my lekker is en omdat dit nodig is). Maar meer nog – ek wil dit doen met ‘n stempel wat ewigheidswaarde het. Ek wil my kinders, my man, my kollegas en familie asook die onbekende wereld daarbuite beinvloed met ‘n geur van Jesus – sy Waarheid, genade en plan vir ons almal. Ek weet dat emosionele wonde my verhinder van geestelike volwassewording, en daarom wil ek God toelaat om daarmee te deal in my lewe. Ek wil wondvry leef sodat ek ‘n instrument van hoop, genesing en inspirasie vir ander kan wees. As jy dieselfde begeerte het, sal hierdie DVD jou inspireer om so n vrou te wees – ‘n vrou van invloed!
-
Die vyand het nog altyd twee strategie gehad om ons grondgebied te steel. Hy maak van die begin van tyd af daarop staat dat ons hom af moet vrees, af dat ons sy bestaan moet betwyfel. Ons maak die werke van die vyand dikwels af as niks, glo naf dat ons onaantasbaar is en leef asof ons nie in ‘n oorlog gewikkel is nie. Ons dink in tradisionele oorlewering dat die satan ‘n puntstert, ‘n vurk, horings en rooi het en dat ons nie die duiwel agter elke bos moet soek nie. Hierdie witeit en onkunde maak ons blind, hou ons vasgevang en gee die vyand vatplek op ons regmatige grondgebied. Met hierdie DVD sal jy die strategie van die vyand leer ken. Jy sal kan raaksien waar hy jou vasgevang het, jou grondgebied betree het en moontlik al geruime tyd by jou en jou voorgeslagte gesteel het. Mag hierdie MP4s met die praktiese, maklik verstaanbare verduideliking wat Gretha gee, vir jou nuwe vryheid bring, ‘n oorlogstrategie gee asook die mag van God en jou eie outoriteit in Jesus se naam op dieper maniere laat verstaan.
-
Voel dit vir jou of jy soms oor en oor om dieselfde berg loop, en net die deurbraak kry in jou lewe nie? Dalk soek jy desperaat na antwoorde, maar beleef elke keer ‘n doodloopstraat? Miskien is jy moeg gesukkel met die wªreld se 10-punt plan, of jou hartsmense se raad. Dan is daar goeie nuus! God het jou lief, en begeer deurbraak vir Sy mense. In hierdie DVD sal jy ge ‘nspireer en toegerus word om geestelike deurbraak te kry met antwoorde uit God seWoord. Hierdie kan jou eie, persoonlik 10-stap plan wees uit die troonkamer van God om klaar te maak met daardie berg voor jou. Wees gewaarsku dat die DVD jou geestelik dalk gaan uitdaag, konfronteer en ‘n bietjie skud. Maar ons plek van gehoorsaamheid, word ons plek van deurbraak! Mag deurbraak joune wees n¡ hierdie konferensie!
-
Wanneer 'n soldaat tydens oorlog oorgee aan die vyand, is hy uitgelewer aan marteling, verhongering en geen oorwinning. Terwyl hy gevange leef, weet hy dat die dood sy uitende is. As kinders van God kry ons egter juis oorwinningf wanneer ons oorgee aan God. Ons gee oor aan outoriteit, die Brood van die Lewe en Een wat ons enduit versorg.
Met hierdie konferensie sal jy kan identifiseer met die redes waarom oorgee so moeilik is. Ons wil in beheer wees, sukkel soms om te vertrou, verstaan nie God se planne nie - met die ewige vyand van ons gedagtewêreld. As jy moeg gestry, geswoeg en baklei is, is hierdie konferensie vir jou! As die lewe jou platgeslaan het en jy nie meer antwoorde het vir jou eie omstandighede nie, sal hierdie konferensie se inhoud jou bemoedig. Indien oorwinning en uitkoms die ding is wat jy begeer, sal jy tydens hierdie konferensie leer om stil te raak en te weet dat Hy steeds God is.
-
Wanneer vroue gekonfronteer word met die dolle gejaag van hulle lewe – kinders, kos, werk, voorkoms, huwelik, stiltetyd, finansies, gesondheid, ens. – is daar by meeste geen sprake van oorwinning nie, slegs -n hoop om oorlewing. Wat nog te sê van vry-wees voor God? Ons sleep kettings van moegheid, skuldgevoelens, emosionele bagasie, minderwaardigheid, vrese en wanhoop saam met ons. Elke aand bely ons, en vra oor en oor vir genade, krag en wysheid. Tog raak ons nie ontslae van hierdie gejaagdheid in ons siele nie, sukkel ons om vry te kom. Met 2011 se Worthy Women Conference, het Gretha Wiid vroue bemoedig, bemagtig, ge nspireer en rigting gegee na die plek van vrywees in Jesus Christus! As jy daarna smag om kettingloos te leef, regtig asem te skep en meer te doen as bloot oorleef, is hierdie DVD vir jou. Kom vry, en in oorwinning!
-
Die druk op vroue om te voldoen aan ‘n sekere standaard van vrou-wees, hetsy as ma, beroepsvrou of huweliksmaat, word al groter! Tydens die Worthy Women Konferensie is vroue bemoedig met die boodskap dat hulle waardigheid in die Naam van Jesus opgesluit is – nie in hulle voorkoms, prestasies, of vermons nie – net in Hom! Hulle kon opstaan uit ‘n verlede waarin hulle waardigheid gesteel is. Vroue is ook gekonfronteer met die vrae: jy waardig? Is daar kompromie in jou lewe wat God se Woord betref? Watter vrug dra jou woorde en lewenswyse? Glo jy dat die volle Woord van God waar is, selfs in die 21e eeu? In die laaste sessie is vroue bewapen met die openbaring dat God hulle oproep om aan hulle eie mans onderdanig te wees. Die angel is gehaal uit die tradisionele verstaan van onderdanigheid, en vroue is vrygemaak van leuens en wanpersepsies hieroor. Vroue is bemagtig as warriors vir hulle mans, en het geleer waarmee God hulle bewapen het om vir hulle mans te veg In hierdie 3 DVD’s sal jy uitgedaag, bevry, ge inspireer en bemoedig word. In Gretha se Woordgetroue, reguit en skertsende boodskappe sal elke vrou haarself raaksien, en die uitnodiging hoor om een van God se Worthy Women te wees!





















