• WWC 2014

    R150,00
    Voel dit vir jou of jy soms oor en oor om dieselfde berg loop, en net die deurbraak kry in jou lewe nie? Dalk soek jy desperaat na antwoorde, maar beleef elke keer ‘n doodloopstraat? Miskien is jy moeg gesukkel met die wªreld se 10-punt plan, of jou hartsmense se raad. Dan is daar goeie nuus! God het jou lief, en begeer deurbraak vir Sy mense. In hierdie DVD sal jy ge ‘nspireer en toegerus word om geestelike deurbraak te kry met antwoorde uit God seWoord. Hierdie kan jou eie, persoonlik 10-stap plan wees uit die troonkamer van God om klaar te maak met daardie berg voor jou. Wees gewaarsku dat die DVD jou geestelik dalk gaan uitdaag, konfronteer en ‘n bietjie skud. Maar ons plek van gehoorsaamheid, word ons plek van deurbraak! Mag deurbraak joune wees n¡ hierdie konferensie!
  • WWC 2019

    R150,00

    Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self.  Daniël se vriende is getoets in vuur.  Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is.  Vuur is nou maar een maal kragtig!  Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer.  Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand.  Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.

    Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.

    Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is.  Beauty from ashes!

  • Hierdie is vir elke vrou wat op haar eie manier hoop nodig het-ongeag jou omstandighede en storie. Dit gaan mooi wees, jou inspireer en bo alles net dalk die hoop gee wat jy iewers in jou menswees en vrouehart verloor het.
Go to Top