Bespreek Gretha

Sodra ons ‘n navraag vorm ontvang en ooreenkom op ‘n datum, stuur ons ’n koste- asook bevestigingsooreenkoms aan wat onderteken word deur albei partye

Maatskappy / Skool / Privaat (naam)(Required)
DD slash MM slash YYYY
DD slash MM slash YYYY
**Indien die afstand meer as 350km is en daar ‘n nabygeleë nasionale lughawe is, verkies ons om te vlieg
Verwagte demografie van gaste(Required)

Neem asseblief kennis van die onderstaande inligting alvorens u die vorm terugstuur

U navraag sal oorweeg word binne twee weke vanaf ontvangs van hierdie vorm. Die gunstige oorweging van u funksie hang af van die beskikbaarheid van datums in ons kalender, met inagneming van ons eie persoonlike skedule en prioriteite.

Neem asb kennis dat GEEN kleuters en skoliere toegelaat word by manne-, vroue-, huweliksfunksies of oueraande nie.

LUGVERVOER

Hou asseblief in gedagte dat een ekstra persoon gewoonlik saam met Gretha reis vir funksies waar haar voorraad verkoop word (uitgesluit oggende waartydens leerders toegespreek word).

AKKOMMODASIE

Die koste van gastehuis/hotel akkommodasie vir beide persone word deur u instansie gedek.

BETALINGS

‘n Deposito van R4000 is betaalbaar binne 2 weke vanaf die ontvangs van die ooreenkoms ten einde u funksie te bevestig. Die uitstaande balans is betaalbaar een week voor die funksie. Die funksie sal nie op ons dagboek geplaas word alvorens die deposito nie betaal is nie.

TEMAS

DIE VERLANGDE TEMA WAAROOR GRETHA MOET PRAAT MOET ASSEBLIEF EERS MET ONS BESPREEK WORD INDIEN DIT VAN ONS LYS VERSKIL

Temas om van te kies (slegs een tema per sessie):

Vroue temas:

  • ‘n Vrou na God se hart (geestelike aanslag)
  • ‘n Brandstofinspuiting vir jou vrouehart (humoristiese en inspirerende aanslag)
  • Lag ‘n slag oor jou vrouwees (‘n Heerlike mengsel van emosies)

Manne temas:

  • Wat jou vrou wens jy het geweet….
  • Adam se hart

Huwelikstemas:

  • Liefdestale vir ‘n huwelik wat hou
  • Praat só dat julle mekaar hoor!
  • Sit die va-va-voom terug in jou huwelik

Sessies vir ouers met kinders ouer as graad 5

  • Die 10 belangrikste dinge wat jy van tieners moet weet
  • Nuwe tye, nuwe uitdagings – verstaan jou kind, red jou kind!
  • Boelies – al die kante van die muntstuk

Kinderseminare vir ouers met kinders 2-10jaar oud

  • Grootword en groot gesprekke – een van die belangrikste onderwerpe in jou jong kind se lewe
  • Dissipline en suksesvolle ouerskap vir besige ouers
  • Boelies – al die kante van die muntstuk

Sessies vir tieners self: Graad 8 – 12

  • Verhoudinge – jy KAN great verhoudinge hê op Hoërskool!
  • Die naakte waarheid oor jou lyf, jou pelle en keuses
  • Sosiale media – tips, tools en tricky stuff

Sessies vir Graad 6&7 leerders

  • Boelies – al die kante van die muntstuk
  • Die waarheid oor grootword (puberteit, maats, en keuses)
  • Sosiale media – tips, tools en tricky stuff

IN GEVAL VAN NOOD

In geval van nood (dringende siekte of onvoorsiene gebeure bv. motor wat onklaar raak onderweg na funksie), behou u die uitstaande balans van die funksie, en is die deposito terugbetaalbaar aan u. Indien ons kan ooreenkom op ‘n volgende datum binne 6 maande vanaf die oorspronklike funksie datum, word die uitstaande balans van die funksie bloot oorgedra vir daardie dag. Gretha Wiid kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese gely deur u instansie met diésulke onvoorsiene gebeure of omstandighede nie.

KANSELLASIES

U deposito word verbeur met kansellasie van die geleentheid binne ses weke vanaf funksie datum. Indien die geleentheid gekanselleer word binne 1 maand vanaf die datum, sal die volle tarief verskuldig wees.

OPNAMES

Geen oudio- of oudiovisuele opnames mag gemaak word tydens enige seminare of funksies nie, tensy met die SKRIFTELIKE toestemming van Gretha Wiid.

KLANK

Klank word deur u instansie voorsien.