Hierdie is sulke lekker wegbreek-naweke vir getroude pare. Almal lag, eet, kuier, leer, rus, connect met mekaar, slaap in fantastiese verblyf, geniet ‘n heerlike wildrit en eet nog meer.

Die word gehou by die mooie La’Wiida Lodge net buite Pretoria.  Die naweek begin altyd op die Donderdagaand 18:00 en maak teen 11:00 die Sondag klaar.

Daar is GEEN klein groepies waarin jy gedeel word en gedwing word om te praat nie. Dis gemaklik, vol humor en regtig lewensveranderend.  Dit is ook nie ‘n beradingsnaweek nie, dis ‘n  verrykingsnaweek. Jy hoef dus nie te dink dat dit net mense is met probleme wat dit bywoon nie. Daar is huwelike en mense van alle ouderdomme en provinsies.

Die datums vir die huweliksverykkingsnaweke van 2024 is as volg:

14 – 17 Maart
18 – 21 Julie

Verdere inligting:

  • R5650 per paartjie
  • 4dae/ 3nagte vanaf die eerste aand om 18:00 tot die laaste dag om 11:00
  • Verblyf en etes ingesluit
  • Wildrit ingesluit
  • Kursus materiaal ingesluit
  • Die kamp word in Afrikaans aangebied, maar baie Engelse mense wat ‘n gemaklike Afrikaans verstaan, woon die naweke hy

Besprekings is eers geldig sodra ons bewys van deposito ontvang het saam met jou inskrywingsvorm. Die deposito is R3500. Jy kan egter ook die naweek afbetaal.

Die kamp fokus op liggaam, siel en gees.  Ons hanteer:

  1. Emosionele behoeftes in die huwelik – Kom vind uit wat in die diepste dele van jou maat se hartskamers aangaan.
  2. Seksuele behoeftes in die huwelik – ons praat oor die dinge van die lyf.  Alles vanaf lae libido, avontuur, seksuele verwerping, pornografie en die basiese in’s en out’s van die fisiologie word bespreek.  Die tips gaan jou liries van opgewondenheid maak!
  3. God se hart oor verbond– kan koningskap en onderdanigheid op so ‘n manier werk dat jy absoluut excited raak daaroor?  Ons hanteer die dinge van tradisie.  Kom kry splinternuwe openbaring uit God se Woord.
  4. Kommunikasie – praat julle by mekaar verby?  Baklei julle altyd oor dieselfde goed?  Dit kan alles verander…..belowe!
  5. Liefdestale – ontdek hoekom julle soms gefrustreerd of afgeskeep voel by mekaar
  6. Skoonouers, familie, vriende em grense
  7. Groter issues soos affairs, drankmisbruik en pornografie
  8. Stokperdjies se plek en grense wat ‘n huwelik laat blom
  9. God se plek in ons huise.  Dis miskien die missing link in julle lewe.

Dis regtig nogal ‘n jam-packed naweek. Die bonus is dat julle die hele Vrydag- en Saterdagaand net rus, kuier en mekaar geniet.

Hierdie naweek is ELKE SENT WERD!

Man se naam en van(Required)
Vrou se naam en van(Required)

BAIE BELANGRIK: Terme en voorwaardes In die geval van kansellasie (binne 30 dae vanaf naweek/kamp) of die uitstel van ‘n bespreking en die oordrag van ‘n naweek/kamp se gelde wat reeds betaal is, is die volgende geldig: Die gelde sal net so oorgedra word na die volgende beskikbare naweek/kamp. Indien die volgende naweek/kamp se prys verskil van die een wat uitgestel is, sal die balans aangepas word om die nuwe prys te ewenaar. Indien die volgende naweek/kamp ook nie bygewoon kan word nie en weer uitgestel moet word, sal die persone hul volle betaling verbeur. Ten einde die gelde te behou wanneer die naweek/kamp vir ‘n tweede keer uitgestel word, sal dit die verantwoordelikheid van die persoon wat bespreek het bly om ‘n persoon in hulle plek te kry. Met kansellasie binne 14 dae vanaf die naweek/kamp word die volle bedrag verbeur.

Terme(Required)

Kyk uit vir die volgende:

E-pos 1:
‘n E-pos direk vanaf Jotform om jou bespreking se ontvangs te bevestig. Kontak ons kantoor gerus indien jy nie hierdie bevestiging ontvang nie.

E-pos 2:
‘n E-pos vanaf ons kantore om jou betaling te bevestig. Moet asb nie bewys van betaling vir ons aanstuur nie. Sodra die betaling in ons rekening reflekteer sal ons bevestig. Gee ons kantore asb 3 – 5 werksdae kans vir hierdie e-pos, agv ‘n lang admin proses.

Onthou ASB om ook in jou SPAM folder te kyk!

Bankbesonderhede:

ABSA
G Wiid
Tjekrekening 4096890605
Tak 632005
Verwysing: VO (die maand waarvoor jy bespreek bv. Maart) + Selfoonnommmer -asb geen name as verwysing
*** Maak asb doodseker van jou verwysing – daar is talle besprekings waar die verwysing inkorrek is en ons nie kan bevestig nie***

*R5650 per paartjie betaalbaar
* Deposito betaalbaar om bespreking te bevestig: R3500