Graad 6 kamp

Hallo ouers,

My jeugkampe word by die Mighty Apies kampterrein gehou met fantastiese fasiliteite en geriewe net buite Pretoria.
Loer gerus by www.themightyapies.co.za

Indien jy vir meer as een kind bespreek moet jy asb vir elkeen ‘n aparte vorm voltooi.

Koste beloop R1250 per kampganger. Maak asb seker dat jy die korekte verwysing gebruik. Hierdie is BAIE belangrik om ons admin proses te vergemaklik

Zipline, avontuurbane, bomas, kuiers langs die rivier en al die bemagtiging vir die kinders is ingesluit. Alhoewel al die aktiwiteite met toesig geskied, doen elke kind dit steeds op eie risiko. Sien asseblief die vrywaringsvorm hierrondom wat ‘n week vooraf gestuur sal word.

Die temas wat ek op die kamp hanteer is absoluut relevant en ouderdomsgepas.

Temas wat onder andere by die kamp hanteer word:

  • Groepsdruk
  • Maats
  • Sosiale media
  • Leierskap en -verkiesings in graad 6
  • Inpas
  • Puberteit

Hierdie kamp is absoluut lewensveranderend en het al só ongelooflik baie beteken vir só baie kinders.

Paar stukkies info wat jou kan help

  • Dit word gehou net buite Pretoria by die @The Mighty Apies Kampterrein
  • Dis nét vir graad 6’e wat reeds in 2024 in hierdie akademiese jaar is. Die jonger klomp moet ongelukkig nog wag
  • Dis beter as jou kind saam met hulle beste maats kom. As ‘n hele groep dieselfde waarheid weet maak hulle makliker besluite in die groep
  • Dis okay as jou kind alleen ook kom. Honderde kinders het dit al so gedoen en net so baie daarby gebaat
  • Die kampe begin almal 18:00 op die eerste dag, en maak 11:00 klaar op die laaste dag
  • Engelse kinders wat Afrikaans verstaan, kan ook die naweek bywoon. I speak a very easy Afrikaans, you knows, haha
  • Seuns en meisies slaap in aparte tente maar woon die sessies saam by
  • Daar is ongelooflike praise en worship wat al wêrelde geskuif het vir duisende kinders.
  • Aangesien daar beperkte plek is, is ‘n deposito van R400 betaalbaar om jou kind se plek te verseker. Die balans is een maand voor die aanvang van die kamp betaalbaar. Indien jy binne ‘n maand van die kamp se aanvang registreer, is die volle bedrag betaalbaar.
  • Kinders van regoor die hele land woon hierdie kampe by – so ver as vanaf die Kaap en selfs Namibië met kinders wat opvlieg daarvoor. Dit in gedagte, moet jy asb so gou moontlik bespreek. Plekke gaan beperk wees

Ons sien uit om die kinders te ontvang en te belê in hulle toekoms

Naam & Van (van Ouer/voog)(Required)
Naam & Van (van kind)(Required)
Bespreekte plek vir een kind (gr 6 kamp)(Required)
Ongeag jou kind se ouderdom, hulle moet ‘n ingeskrewe leerder wees in graad 6
Geslag van kind(Required)
Voorwaardes en termes:(Required)

Bankbesonderhede:

ABSA
G Wiid
Tjekrekening 4096890605
Tak 632005
Verwysing:

Gr6 + jou selfoonnommer soos hierbo aangedui

*** Maak asb doodseker van jou verwysing – daar is talle besprekings waar die verwysing verkeerd is en ons nie kan bevestig nie***

R1250 per kind (sluit verblyf, etes en al die sessies in)

* Deposito betaalbaar om bespreking te bevestig: R400