Wat ‘n lekker, verrykende en geesvervulde naweek. En die beste deel? Dis net ons vrouens.

Ons verstaan mekaar se issues, vrae en stories. Dis ‘n naweek waarin ons deel, leer uit God se Woord, stil raak, baie lag, ongelooflik lekker eet en bly, en sommer net rus. Dis vir alle vroue vanaf 16 jaar oud. Jy kan dus jou ma, vriendin, sussie of dogter saambring. Dit is regtig ‘n belewenis!

Die datums vir die vrouenaweke van 2025 is as volg:

7 – 9 Maart 2025
18 – 20 Julie 2025
7 – 9 November 2025

Die naweke word aangebied by Phahama Lodge (voorheen La’WiiDa Lodge) net buite Pretoria.

Verdere inligting:

R2650 per persoon
3dae/ 2nagte vanaf die eerste aand om 18:00 tot die laaste dag om 12:00
Verblyf en etes ingesluit
Wildrit ingesluit
Die naweek word in Afrikaans aangebied

Besprekings is eers geldig sodra ons bewys van deposito ontvang het saam met jou inskrywingsvorm. Die deposito is R1000. Jy kan die balans afbetaal.

Kom kuier saam, eet heerlike kos, hoor Sy stem, beleef Sy woord, kry raad, genesing, rigting en sommer net lekker baie lag.

Kom maak jou hart skoon en jou gees vol.

Naam en van(Required)
**elke vrou/vriendin wat wil bespreek moet hulle eie vorm voltooi asb
maak asb seker dat hierdie nommer korrek is - die nommer sal dien as verwysing en die bespreekte nommer en nommer op betaalbewys verskil gereeld en dan sukkel ons om 'n bespreking te finaliseer
(onthou asb dat elke dame apart moet bespreek) *BAIE BELANGRIK *slegs naam en van in hierdie veld asb *NEEM ASB KENNIS: Daar is 2 - 4 beddens per chalet, wat beteken dat jy dalk ook 'n kamer gaan deel met ander mense buite jou vriendekring. Ons doen ons uiterste bes om dames saam te plaas soos versoek.

BAIE BELANGRIK: Terme en woorwaardes In die geval van kansellasie (binne 30 dae vanaf naweek/kamp) of die uitstel van ‘n bespreking en die oordrag van ‘n naweek/kamp se gelde wat reeds betaal is, is die volgende geldig: Die gelde sal net so oorgedra word na die volgende beskikbare naweek/kamp. Indien die volgende naweek/kamp se prys verskil van die een wat uitgestel is, sal die balans aangepas word om die nuwe prys te ewenaar. Indien die volgende naweek/kamp ook nie bygewoon kan word nie en weer uitgestel moet word, sal die persone hul volle betaling verbeur. Ten einde die gelde te behou wanneer die naweek/kamp vir ‘n tweede keer uitgestel word, sal dit die verantwoordelikheid van die persoon wat bespreek het bly om ‘n persoon in hulle plek te kry. Met kansellasie binne 14 dae vanaf die naweek/kamp word die volle bedrag verbeur.

Terme(Required)

Kyk gerus uit vir die volgende:

E-pos 1:

Jy sal ‘n e-pos ontvang sodra die aanlyn bespreking deur ons kantoor ontvang is. Gee asb so 3 werksdae nadat jy die besprekingsvorm ingedien het kans hiervoor. Onthou asseblief om ook in jou spam folder te kyk.

E-pos 2: (tot 5 dae ná betaling)

‘n E-pos vanaf ons kantore om jou betaling te bevestig. MOET ASSEBLIEF NIE VIR ONS KANTORE DIE BEWYS VAN BETALING AANSTUUR NIE. Sodra die betaling in ons rekening reflekteer sal ons die betaling via e-pos met jou bevestig. Gee ons kantore asb +/- 5 werksdae kans vir hierdie e-pos agv ‘n lang administratiewe proses. Onthou asb om altyd weer in jou spam folder te kyk!

Bankbesonderhede:

ABSA
G Wiid
Tjekrekening 4096890605
Tak 632005
Verwysing: VROUE(die maand waarvoor jy bespreek bv. Maart/Jul/Nov) + Selfoonnommmer (asb geen name as verwysing)

Maak asb doodseker van jou verwysing – daar is talle besprekings waar die verwysing inkorrek is en ons nie kan bevestig nie.

*R2650 per persoon betaalbaar