-
Eerste huwelike (met God in jou huwelik) is alreeds met tye moeilik. Ouerskap in sulke huwelike is soms n ewe groot uitdaging. Wat dan nog van hersaamgestelde gesinne! Myne, joune, ons s'n! Taai toffie! Ek het absolute kenners saam met my in die kursus – ‘n mediator en advokaat vir al die regsdinge, en ‘n spesialis terapeut vir al die emosionele en verhoudingskwessies. Onderwerpe sluit in: ‘n Nuwe entiteit Nuwe tradisies Die prioriteit en plek van die nuwe huwelik Die eks wat nie wil saamwerk nie Dissipline - twee huise, twee stelle reëls Stiefouers en dissipline Konflik tussen nuwe broers en susters Die aanpassing en hoe dit verskillende ouderdom kinders raak Finansies Jou bonuskinders en maniere om hulle te wen Die opofferinge wat elkeen moet (en gaan) maak. En vele meer.... Hierdie is soos n sessie met n mediator, terapeut, verhoudingskundige en advokaat - alles in een.
-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus