Wanneer ‘n soldaat tydens oorlog oorgee aan die vyand, is hy uitgelewer aan marteling, verhongering en geen oorwinning.  Terwyl hy gevange leef, weet hy dat die dood sy uitende is.  As kinders van God kry ons egter juis oorwinningf wanneer ons oorgee aan God.  Ons gee oor aan outoriteit, die Brood van die Lewe en Een wat ons enduit versorg.

Met hierdie konferensie sal jy kan identifiseer met die redes waarom oorgee so moeilik is.  Ons wil in beheer wees, sukkel soms om te vertrou, verstaan nie God se planne nie – met die ewige vyand van ons gedagtewêreld.  As jy moeg gestry, geswoeg en baklei is, is hierdie konferensie vir jou!  As die lewe jou platgeslaan het en jy nie meer antwoorde het vir jou eie omstandighede nie, sal hierdie konferensie se inhoud jou bemoedig.  Indien oorwinning en uitkoms die ding is wat jy begeer, sal jy tydens hierdie konferensie leer om stil te raak en te weet dat Hy steeds God is.