Reeds Betaal? Só Kyk Jy Jou Webinaar

As jy reeds betaal het en ’n rekening geskep het, volg asseblief hierdie stappe om toegang tot jou webinaar te kry:

✅ Stap 1: Meld aan by jou rekening

Klik op “Sign In” bo-aan die bladsy en meld aan met die e-posadres en wagwoord wat jy tydens jou aankoop gebruik het.

Belangrik: Hierdie is nie ’n kursus nie en sal nie in jou dashboard verskyn nie. Toegang word direk op die spesifieke webinaarbladsy gegee.

✅ Stap 2: Gaan na jou webinaarbladsy

Klik op die skakel van die webinaar wat jy gekoop het:

Graad 1–3 Webinaar

Graad 4–5 Webinaar

Graad 6–7 Webinaar

Graad 8–12 Webinaar

Webinaar vir Ouers

✅ Stap 3: Kyk jou webinaar

Sodra jy aangemeld is en jou betaling bevestig is, sal die video op die bladsy sigbaar wees.

Let wel: Jy kan die webinaar enige tyd kyk tussen 1 Julie om 09:00 en 10 Julie om 23:59.

❓Het jy hulp nodig?

As jy aangemeld is, maar die video is nie sigbaar nie, kontak ons met jou volle naam en die e-posadres wat jy tydens aankoop gebruik het. Ons help jou graag.