• WWC 2015

    R150,00
    Hoe wonderlik is dit nie dat Jesus ons Bruidegom is en ons Sy Bruid nie? ‘n Wonderlike bruilof wat vir ons wag! Tydens hierdie jaar se konferensie is vroue egter herinner dat Jesus nie sal terugkom vir ‘n onrein bruid nie. Met hierdie woord is vroue bemoedig, maar ook gekonfronteer met die toestand van die Bruid. Is ons slapende bruide wat onsself sus met die wete dat God ons liefhet, of dalk tipiese bruide wat elke nou en dan twyfel en wil terugdraai na ons ou lewe toe? In hierdie eerlike en harde, maar bemoedigende boodskap sal jy gedwing word om jouself weer te sien en jou verhouding met God te herevalueer. Die wereld het ‘n stralende bruid nodig. Mag die DVD jou aanraak om juis sê ‘n bruid te wees!
  • WWC 2010

    R150,00
    Worthy Women conference 2010 – Wonder jy soms of God jou gebede hoor? – Voel jy partykeer of daar te veel sonde in jou lewe is, en dat dit die rede is waarom jou omstandighede nie verander nie? Ry jou geloof in God wipplank saam met die duisende emosies wat jy ervaar? – Indien jy een van die vrouens is wat hiermee worstel, is die goeie nuus dat jy nie alleen is nie. Miljoene vroue staan elke oggend op met die hoop dat hulle huwelike gered sal word, hul kinders sal verander, hul gesondheid aangeraak sal word of finansies by ‘n plek van uitkoms sal kom. Hulle bid en glo, maar word soms oorweldig deur die twyfel. Wanneer omstandighede boonop nie verander nie, bevind vroue hulself maklik by ‘n plek van wanhoop, en wonder of God dan nie hul gebede en smekinge hoor nie. By die Worthy Women Konferensie 2010 het vroue weer hoop gekry. As kinders van die Here, is die duisende vroue wat der was, uitgedaag om dieper te delf in die Woord, waaksaam te wees oor die dinge en mense na wie hulle luister, gewaarsku om nie meegesleur te word deur die dinge wat hulle om hulle sien gebeur nie, en bowenal versigtig te wees vir hul gedagtes en emosies. Vroue is bemoedig om vas te hou aan God, sy beloftes en sy Woord. Daarom, met die tema, Geloof, Hoop en Liefde, is elke vrou met nuwe brandende vlam huis toe – gereed om te weet, te glo en te leef dat God ons liefhet en ons hoor, en dat niks ons uit Sy hand kan ruk nie.
  • WWC 2014

    R150,00
    Voel dit vir jou of jy soms oor en oor om dieselfde berg loop, en net die deurbraak kry in jou lewe nie? Dalk soek jy desperaat na antwoorde, maar beleef elke keer ‘n doodloopstraat? Miskien is jy moeg gesukkel met die wªreld se 10-punt plan, of jou hartsmense se raad. Dan is daar goeie nuus! God het jou lief, en begeer deurbraak vir Sy mense. In hierdie DVD sal jy ge ‘nspireer en toegerus word om geestelike deurbraak te kry met antwoorde uit God seWoord. Hierdie kan jou eie, persoonlik 10-stap plan wees uit die troonkamer van God om klaar te maak met daardie berg voor jou. Wees gewaarsku dat die DVD jou geestelik dalk gaan uitdaag, konfronteer en ‘n bietjie skud. Maar ons plek van gehoorsaamheid, word ons plek van deurbraak! Mag deurbraak joune wees n¡ hierdie konferensie!
  • WWC 2019

    R150,00

    Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self.  Daniël se vriende is getoets in vuur.  Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is.  Vuur is nou maar een maal kragtig!  Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer.  Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand.  Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.

    Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.

    Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is.  Beauty from ashes!

  • Hierdie is vir elke vrou wat op haar eie manier hoop nodig het-ongeag jou omstandighede en storie. Dit gaan mooi wees, jou inspireer en bo alles net dalk die hoop gee wat jy iewers in jou menswees en vrouehart verloor het.
  • Sale!

    Massage candle

    Original price was: R300,00.Current price is: R120,00.
  • Sale!

    Scrub

    Original price was: R300,00.Current price is: R120,00.
Go to Top