Die druk op vroue om te voldoen aan ‘n sekere standaard van vrou-wees, hetsy as ma, beroepsvrou of huweliksmaat, word al groter. Tydens die Worthy Women Konferensie is vroue bemoedig met die boodskap dat hulle waardigheid in die Naam van Jesus opgesluit is – nie in hulle voorkoms, prestasies of vermoëns nie – net in Hom.

Vroue kon opstaan uit ‘n verlede waarin hulle waardigheid gesteel is. Hulle is gekonfronteer met vrae soos: Is jy waardig? Is daar kompromie in jou lewe wanneer dit by God se Woord kom? Watter vrug dra jou woorde en lewenswyse? Glo jy dat die volle Woord van God waar is, selfs in die 21ste eeu?

In die laaste sessie is vroue bewapen met die openbaring dat God hulle oproep om aan hulle eie mans onderdanig te wees. Die tradisionele verstaan van onderdanigheid is in perspektief geplaas, en vroue is vrygemaak van leuens en wanpersepsies hieroor. Hulle is bemagtig as warriors vir hulle mans en het geleer waarmee God hulle bewapen het om vir hulle huwelike en gesinne te veg.

In hierdie aanlyn kursus sal jy uitgedaag, bevry, geïnspireer en bemoedig word. In Gretha se Woordgetroue, reguit en skertsende boodskappe sal elke vrou haarself raaksien en die uitnodiging hoor om een van God se Worthy Women te wees.