Wanneer vroue gekonfronteer word met die dolle gejaag van hulle lewe – kinders, kos, werk, voorkoms, huwelik, stiltetyd, finansies, gesondheid, ens. – is daar by meeste geen sprake van oorwinning nie, slegs -n hoop om oorlewing. Wat nog te sê van vry-wees voor God? Ons sleep kettings van moegheid, skuldgevoelens, emosionele bagasie, minderwaardigheid, vrese en wanhoop saam met ons. Elke aand bely ons, en vra oor en oor vir genade, krag en wysheid. Tog raak ons nie ontslae van hierdie gejaagdheid in ons siele nie, sukkel ons om vry te kom. Met 2011 se Worthy Women Conference, het Gretha Wiid vroue bemoedig, bemagtig, ge nspireer en rigting gegee na die plek van vrywees in Jesus Christus! As jy daarna smag om kettingloos te leef, regtig asem te skep en meer te doen as bloot oorleef, is hierdie DVD vir jou. Kom vry, en in oorwinning!