-
Aanlyn Webinaar vir Graad 1–3 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
-
Aanlyn Webinaar vir Graad 4 en 5 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
-
Aanlyn Webinaar vir Graad 6 en 7 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
-
Aanlyn Webinaar vir Graad 8 en 12 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
-
Aanlyn Webinaar vir Ouers R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
-
Hierdie is vir elke vrou wat op haar eie manier hoop nodig het-ongeag jou omstandighede en storie. Dit gaan mooi wees, jou inspireer en bo alles net dalk die hoop gee wat jy iewers in jou menswees en vrouehart verloor het.
-
Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self. Daniël se vriende is getoets in vuur. Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is. Vuur is nou maar een maal kragtig! Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer. Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand. Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.
Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.
Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is. Beauty from ashes!
-
Voel dit vir jou of jy soms oor en oor om dieselfde berg loop, en net die deurbraak kry in jou lewe nie? Dalk soek jy desperaat na antwoorde, maar beleef elke keer ‘n doodloopstraat? Miskien is jy moeg gesukkel met die wªreld se 10-punt plan, of jou hartsmense se raad. Dan is daar goeie nuus! God het jou lief, en begeer deurbraak vir Sy mense. In hierdie DVD sal jy ge ‘nspireer en toegerus word om geestelike deurbraak te kry met antwoorde uit God seWoord. Hierdie kan jou eie, persoonlik 10-stap plan wees uit die troonkamer van God om klaar te maak met daardie berg voor jou. Wees gewaarsku dat die DVD jou geestelik dalk gaan uitdaag, konfronteer en ‘n bietjie skud. Maar ons plek van gehoorsaamheid, word ons plek van deurbraak! Mag deurbraak joune wees n¡ hierdie konferensie!
-
Worthy Women conference 2010 – Wonder jy soms of God jou gebede hoor? – Voel jy partykeer of daar te veel sonde in jou lewe is, en dat dit die rede is waarom jou omstandighede nie verander nie? Ry jou geloof in God wipplank saam met die duisende emosies wat jy ervaar? – Indien jy een van die vrouens is wat hiermee worstel, is die goeie nuus dat jy nie alleen is nie. Miljoene vroue staan elke oggend op met die hoop dat hulle huwelike gered sal word, hul kinders sal verander, hul gesondheid aangeraak sal word of finansies by ‘n plek van uitkoms sal kom. Hulle bid en glo, maar word soms oorweldig deur die twyfel. Wanneer omstandighede boonop nie verander nie, bevind vroue hulself maklik by ‘n plek van wanhoop, en wonder of God dan nie hul gebede en smekinge hoor nie. By die Worthy Women Konferensie 2010 het vroue weer hoop gekry. As kinders van die Here, is die duisende vroue wat der was, uitgedaag om dieper te delf in die Woord, waaksaam te wees oor die dinge en mense na wie hulle luister, gewaarsku om nie meegesleur te word deur die dinge wat hulle om hulle sien gebeur nie, en bowenal versigtig te wees vir hul gedagtes en emosies. Vroue is bemoedig om vas te hou aan God, sy beloftes en sy Woord. Daarom, met die tema, Geloof, Hoop en Liefde, is elke vrou met nuwe brandende vlam huis toe – gereed om te weet, te glo en te leef dat God ons liefhet en ons hoor, en dat niks ons uit Sy hand kan ruk nie.
-
Hoe wonderlik is dit nie dat Jesus ons Bruidegom is en ons Sy Bruid nie? ‘n Wonderlike bruilof wat vir ons wag! Tydens hierdie jaar se konferensie is vroue egter herinner dat Jesus nie sal terugkom vir ‘n onrein bruid nie. Met hierdie woord is vroue bemoedig, maar ook gekonfronteer met die toestand van die Bruid. Is ons slapende bruide wat onsself sus met die wete dat God ons liefhet, of dalk tipiese bruide wat elke nou en dan twyfel en wil terugdraai na ons ou lewe toe? In hierdie eerlike en harde, maar bemoedigende boodskap sal jy gedwing word om jouself weer te sien en jou verhouding met God te herevalueer. Die wereld het ‘n stralende bruid nodig. Mag die DVD jou aanraak om juis sê ‘n bruid te wees!
-
Ons word van kleins af geleer dat Jesus die Bruidegom is en ons die bruid tog verstaan ons nie werklik wat dit beteken om met Hom in verbond te wees of dag tot dag ‘n intieme verhouding met hierdie Bruidegom te he nie. Tydens hierdie jaar se Worthy Women Conference (WWC) is die sluier gelig en harte uitgestort voor Hom. Met die kyk van hierdie dvd sal jy as bruid aangemoedig word om daardie daaglikse verhouding te koester. Jy sal saam met byna 7000 ander vroue hoor hoedat ons innerlike beloftes ons weerhou van geestelike groei en intimiteit met God. Met Gretha aan die woord, gaan jy so tussendeur die baie lag en huil, gedwing word om introspeksie te doen oor emosionele wonde wat ons vir jare saam met ons sleep wonde wat mure om ons gees en hart bou mure wat dit moeilik maak om God te sien en beleef vir wie Hy regtig wil wees in ons lewens. Geniet hierdie dvd – maak klaar met jou innerlike beloftes en emosionele mure, en tree in verbond met die Konings van alle konings!
-
Ek weet nie van jou nie,maar ek het ‘n begeerte om ‘n vrou van invloed te wees. Ek wil meer wees as ‘n mamma wat kinders grootmaak, die huis versorg , ‘n inkomste verdien vir my huisgesin se oorlewing of ‘n vrou wat daar is vir my man se behoeftes. Maak geen fout nie; ek WIL al hierdie dinge doen (omdat dit vir my lekker is en omdat dit nodig is). Maar meer nog – ek wil dit doen met ‘n stempel wat ewigheidswaarde het. Ek wil my kinders, my man, my kollegas en familie asook die onbekende wereld daarbuite beinvloed met ‘n geur van Jesus – sy Waarheid, genade en plan vir ons almal. Ek weet dat emosionele wonde my verhinder van geestelike volwassewording, en daarom wil ek God toelaat om daarmee te deal in my lewe. Ek wil wondvry leef sodat ek ‘n instrument van hoop, genesing en inspirasie vir ander kan wees. As jy dieselfde begeerte het, sal hierdie DVD jou inspireer om so n vrou te wees – ‘n vrou van invloed!






