-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus
-
Hierdie is vir elke vrou wat op haar eie manier hoop nodig het-ongeag jou omstandighede en storie. Dit gaan mooi wees, jou inspireer en bo alles net dalk die hoop gee wat jy iewers in jou menswees en vrouehart verloor het.
-
Daar word gesê dat 'n pa 'n seun se eerste held is, en 'n dogter se eerste liefde - woorde wat nie net waar is nie, maar wat baie meer waarde dra as dit wat ons besef. Met die kyk van hierdie kursus, sal pa's besef dat hulle meer is as blote broodwinners of dissiplineerders - dat hulle geestelike outoriteit en voorbeeld oor generasies heen strek. Geniet die kursus - daar is 'n gesin wat angstig wag!