-
Ons word van kleins af geleer dat Jesus die Bruidegom is en ons die bruid tog verstaan ons nie werklik wat dit beteken om met Hom in verbond te wees of dag tot dag ‘n intieme verhouding met hierdie Bruidegom te he nie. Tydens hierdie jaar se Worthy Women Conference (WWC) is die sluier gelig en harte uitgestort voor Hom. Met die kyk van hierdie dvd sal jy as bruid aangemoedig word om daardie daaglikse verhouding te koester. Jy sal saam met byna 7000 ander vroue hoor hoedat ons innerlike beloftes ons weerhou van geestelike groei en intimiteit met God. Met Gretha aan die woord, gaan jy so tussendeur die baie lag en huil, gedwing word om introspeksie te doen oor emosionele wonde wat ons vir jare saam met ons sleep wonde wat mure om ons gees en hart bou mure wat dit moeilik maak om God te sien en beleef vir wie Hy regtig wil wees in ons lewens. Geniet hierdie dvd – maak klaar met jou innerlike beloftes en emosionele mure, en tree in verbond met die Konings van alle konings!
-
Voel dit vir jou of jy soms oor en oor om dieselfde berg loop, en net die deurbraak kry in jou lewe nie? Dalk soek jy desperaat na antwoorde, maar beleef elke keer ‘n doodloopstraat? Miskien is jy moeg gesukkel met die wªreld se 10-punt plan, of jou hartsmense se raad. Dan is daar goeie nuus! God het jou lief, en begeer deurbraak vir Sy mense. In hierdie DVD sal jy ge ‘nspireer en toegerus word om geestelike deurbraak te kry met antwoorde uit God seWoord. Hierdie kan jou eie, persoonlik 10-stap plan wees uit die troonkamer van God om klaar te maak met daardie berg voor jou. Wees gewaarsku dat die DVD jou geestelik dalk gaan uitdaag, konfronteer en ‘n bietjie skud. Maar ons plek van gehoorsaamheid, word ons plek van deurbraak! Mag deurbraak joune wees n¡ hierdie konferensie!
-
Hoe wonderlik is dit nie dat Jesus ons Bruidegom is en ons Sy Bruid nie? ‘n Wonderlike bruilof wat vir ons wag! Tydens hierdie jaar se konferensie is vroue egter herinner dat Jesus nie sal terugkom vir ‘n onrein bruid nie. Met hierdie woord is vroue bemoedig, maar ook gekonfronteer met die toestand van die Bruid. Is ons slapende bruide wat onsself sus met die wete dat God ons liefhet, of dalk tipiese bruide wat elke nou en dan twyfel en wil terugdraai na ons ou lewe toe? In hierdie eerlike en harde, maar bemoedigende boodskap sal jy gedwing word om jouself weer te sien en jou verhouding met God te herevalueer. Die wereld het ‘n stralende bruid nodig. Mag die DVD jou aanraak om juis sê ‘n bruid te wees!
-
Die vyand het nog altyd twee strategie gehad om ons grondgebied te steel. Hy maak van die begin van tyd af daarop staat dat ons hom af moet vrees, af dat ons sy bestaan moet betwyfel. Ons maak die werke van die vyand dikwels af as niks, glo naf dat ons onaantasbaar is en leef asof ons nie in ‘n oorlog gewikkel is nie. Ons dink in tradisionele oorlewering dat die satan ‘n puntstert, ‘n vurk, horings en rooi het en dat ons nie die duiwel agter elke bos moet soek nie. Hierdie witeit en onkunde maak ons blind, hou ons vasgevang en gee die vyand vatplek op ons regmatige grondgebied. Met hierdie DVD sal jy die strategie van die vyand leer ken. Jy sal kan raaksien waar hy jou vasgevang het, jou grondgebied betree het en moontlik al geruime tyd by jou en jou voorgeslagte gesteel het. Mag hierdie MP4s met die praktiese, maklik verstaanbare verduideliking wat Gretha gee, vir jou nuwe vryheid bring, ‘n oorlogstrategie gee asook die mag van God en jou eie outoriteit in Jesus se naam op dieper maniere laat verstaan.
-
Van kleins af word ons geleer van gebedjies wat ons deel met Liewe Jesus. Ons ken ‘n klomp rympies en sê dit op in die naam van gebed. Tog het Jesus self baie spesifieke lering gehad oor hierdie belangrike aspek van ons geloof en verhouding met Hom. As ons die krag van gebed werklik snap, sal ons meer tyd in Sy teenwoordigheid wil spandeer. Wanneer ons regtig besef hoeveel waarde dit het om stil te raak, ons harte uit te stort en op Hom te wag, sal ons gretig wees om Hom te ontmoet weg van die lawaai en gejaag van die lewe, agter ‘n toe deur waar ons naak eerlik op ons knie kan wees. Leer ken die geheimenis van ‘n kragtige gebedslewe. Weerstaan die vyand op nuwe maniere, en skuif die grense van jou geloof, hoop en deurbraak.
-
Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self. Daniël se vriende is getoets in vuur. Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is. Vuur is nou maar een maal kragtig! Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer. Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand. Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.
Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.
Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is. Beauty from ashes!