• WWC 2018

    R150,00
    Van kleins af word ons geleer van gebedjies wat ons deel met Liewe Jesus. Ons ken ‘n klomp rympies en sê dit op in die naam van gebed. Tog het Jesus self baie spesifieke lering gehad oor hierdie belangrike aspek van ons geloof en verhouding met Hom. As ons die krag van gebed werklik snap, sal ons meer tyd in Sy teenwoordigheid wil spandeer. Wanneer ons regtig besef hoeveel waarde dit het om stil te raak, ons harte uit te stort en op Hom te wag, sal ons gretig wees om Hom te ontmoet weg van die lawaai en gejaag van die lewe, agter ‘n toe deur waar ons naak eerlik op ons knie kan wees. Leer ken die geheimenis van ‘n kragtige gebedslewe. Weerstaan die vyand op nuwe maniere, en skuif die grense van jou geloof, hoop en deurbraak.
  • WWC 2019

    R150,00

    Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self.  Daniël se vriende is getoets in vuur.  Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is.  Vuur is nou maar een maal kragtig!  Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer.  Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand.  Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.

    Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.

    Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is.  Beauty from ashes!

Go to Top