• Daar word gesê dat 'n pa 'n seun se eerste held is, en 'n dogter se eerste liefde - woorde wat nie net waar  is nie, maar wat baie meer waarde dra as dit wat ons besef.  Met die kyk van hierdie kursus, sal pa's besef dat hulle meer is as blote broodwinners of dissiplineerders - dat hulle geestelike outoriteit en voorbeeld oor generasies heen strek. Geniet die kursus - daar is 'n gesin wat angstig wag!
  • Aanlyn Webinaar vir Ouers R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
  • Aanlyn Webinaar vir Graad 4 en 5 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
  • Aanlyn Webinaar vir Graad 6 en 7 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
  • Eerste huwelike (met God in jou huwelik) is alreeds met tye moeilik. Ouerskap in sulke huwelike is soms n ewe groot uitdaging. Wat dan nog van hersaamgestelde gesinne! Myne, joune, ons s'n! Taai toffie! Ek het absolute kenners saam met my in die kursus – ‘n mediator en advokaat vir al die regsdinge, en ‘n spesialis terapeut vir al die emosionele en verhoudingskwessies. Onderwerpe sluit in: ‘n Nuwe entiteit Nuwe tradisies Die prioriteit en plek van die nuwe huwelik Die eks wat nie wil saamwerk nie Dissipline - twee huise, twee stelle reëls Stiefouers en dissipline Konflik tussen nuwe broers en susters Die aanpassing en hoe dit verskillende ouderdom kinders raak Finansies Jou bonuskinders en maniere om hulle te wen Die opofferinge wat elkeen moet (en gaan) maak. En vele meer.... Hierdie is soos n sessie met n mediator, terapeut, verhoudingskundige en advokaat - alles in een.
  • WWC 2018

    R150,00
    Van kleins af word ons geleer van gebedjies wat ons deel met Liewe Jesus. Ons ken ‘n klomp rympies en sê dit op in die naam van gebed. Tog het Jesus self baie spesifieke lering gehad oor hierdie belangrike aspek van ons geloof en verhouding met Hom. As ons die krag van gebed werklik snap, sal ons meer tyd in Sy teenwoordigheid wil spandeer. Wanneer ons regtig besef hoeveel waarde dit het om stil te raak, ons harte uit te stort en op Hom te wag, sal ons gretig wees om Hom te ontmoet weg van die lawaai en gejaag van die lewe, agter ‘n toe deur waar ons naak eerlik op ons knie kan wees. Leer ken die geheimenis van ‘n kragtige gebedslewe. Weerstaan die vyand op nuwe maniere, en skuif die grense van jou geloof, hoop en deurbraak.
  • WWC 2019

    R150,00

    Soms voel dit asof alles om jou afbrand - asof jy gelouter word deur iets wat voel soos die hel self.  Daniël se vriende is getoets in vuur.  Elia het op sy beurt wonderwerke gesien met vuur wat juis deur God gestuur is.  Vuur is nou maar een maal kragtig!  Dit het die vermoë om kaf te brand en iets soos goud te suiwer.  Dit kan iets moois voortbring soos die groen gras wat groei na 'n veldbrand.  Die belangrikste is egter om te besef dat God die vuur in jou lewe ken, dit beheer en ten goede kan laat meewerk.

    Die gedagte dat sommige vroue vernietig word deur vuur, terwyl ander gebou word daardeur is die tema van hierdie konferensie.

    Leer ken die krag en wonder - nie net van God nie - maar ook dit wat Hy binne in jou kan doen nadat jy geskroei is.  Beauty from ashes!

  • Aanlyn Webinaar vir Graad 8 en 12 Leerders R95 | Slegs beskikbaar oor die naweek | Kyk in jou eie tyd Kyk enige tyd AANLYN Begin: Vrydag, 1 Mei om 09:00 ⏳ Beskikbaar tot: Dinsdag, 5 Mei om 17:00 Duur: 90–120 minute
  • WWC 2012

    R150,00
    Ek weet nie van jou nie,maar ek het ‘n begeerte om ‘n vrou van invloed te wees. Ek wil meer wees as ‘n mamma wat kinders grootmaak, die huis versorg , ‘n inkomste verdien vir my huisgesin se oorlewing of ‘n vrou wat daar is vir my man se behoeftes. Maak geen fout nie; ek WIL al hierdie dinge doen (omdat dit vir my lekker is en omdat dit nodig is). Maar meer nog – ek wil dit doen met ‘n stempel wat ewigheidswaarde het. Ek wil my kinders, my man, my kollegas en familie asook die onbekende wereld daarbuite beinvloed met ‘n geur van Jesus – sy Waarheid, genade en plan vir ons almal. Ek weet dat emosionele wonde my verhinder van geestelike volwassewording, en daarom wil ek God toelaat om daarmee te deal in my lewe. Ek wil wondvry leef sodat ek ‘n instrument van hoop, genesing en inspirasie vir ander kan wees. As jy dieselfde begeerte het, sal hierdie DVD jou inspireer om so n vrou te wees – ‘n vrou van invloed!
Go to Top