• Wanneer 'n soldaat tydens oorlog oorgee aan die vyand, is hy uitgelewer aan marteling, verhongering en geen oorwinning.  Terwyl hy gevange leef, weet hy dat die dood sy uitende is.  As kinders van God kry ons egter juis oorwinningf wanneer ons oorgee aan God.  Ons gee oor aan outoriteit, die Brood van die Lewe en Een wat ons enduit versorg.

    Met hierdie konferensie sal jy kan identifiseer met die redes waarom oorgee so moeilik is.  Ons wil in beheer wees, sukkel soms om te vertrou, verstaan nie God se planne nie - met die ewige vyand van ons gedagtewêreld.  As jy moeg gestry, geswoeg en baklei is, is hierdie konferensie vir jou!  As die lewe jou platgeslaan het en jy nie meer antwoorde het vir jou eie omstandighede nie, sal hierdie konferensie se inhoud jou bemoedig.  Indien oorwinning en uitkoms die ding is wat jy begeer, sal jy tydens hierdie konferensie leer om stil te raak en te weet dat Hy steeds God is.

  • WWC 2016

    R150,00
    Die vyand het nog altyd twee strategie gehad om ons grondgebied te steel. Hy maak van die begin van tyd af daarop staat dat ons hom af moet vrees, af dat ons sy bestaan moet betwyfel. Ons maak die werke van die vyand dikwels af as niks, glo naf dat ons onaantasbaar is en leef asof ons nie in ‘n oorlog gewikkel is nie. Ons dink in tradisionele oorlewering dat die satan ‘n puntstert, ‘n vurk, horings en rooi het en dat ons nie die duiwel agter elke bos moet soek nie. Hierdie witeit en onkunde maak ons blind, hou ons vasgevang en gee die vyand vatplek op ons regmatige grondgebied. Met hierdie DVD sal jy die strategie van die vyand leer ken. Jy sal kan raaksien waar hy jou vasgevang het, jou grondgebied betree het en moontlik al geruime tyd by jou en jou voorgeslagte gesteel het. Mag hierdie MP4s met die praktiese, maklik verstaanbare verduideliking wat Gretha gee, vir jou nuwe vryheid bring, ‘n oorlogstrategie gee asook die mag van God en jou eie outoriteit in Jesus se naam op dieper maniere laat verstaan.
  • Daar word gesê dat 'n pa 'n seun se eerste held is, en 'n dogter se eerste liefde - woorde wat nie net waar  is nie, maar wat baie meer waarde dra as dit wat ons besef.  Met die kyk van hierdie kursus, sal pa's besef dat hulle meer is as blote broodwinners of dissiplineerders - dat hulle geestelike outoriteit en voorbeeld oor generasies heen strek. Geniet die kursus - daar is 'n gesin wat angstig wag!
  • Sale!

    Scrub

    Original price was: R300,00.Current price is: R120,00.
  • Sale!

    Massage candle

    Original price was: R300,00.Current price is: R120,00.
  • Reis saam met my deur die verhale van vroue by wie ons leer, vroue met wie ek en jy kan identifiseer.

  • Dit beloof om ‘n inspirerende kursus te wees, “jam-packed” met inligting oor als wat wag. Verhoudinge Aanpassing op universiteit Keuses Vriende Geloof Geldsake Akademie Oorlewing en meer
  • Vir elke mamma wat graag n begin-gesprek met haar poplap wil hê oor die bytjies en die blommetjies, sonder te veel detail en inligting.

    Ek belowe dat jy lekker gaan lag, heerlike bonding gesprekke gaan hê, die wegtrek basics gaan leer ken en 'n wonderlike deur gaan oopmaak om vir haar die vrymoedigheid te gee om vrae te kom vra en te gesels oor als wat sy hoor, waaroor sy wonder en wat sy sien by die skool en by maatjies.

Go to Top