-
Ons is so bly dat jy in hierdie onderwerp belê - hetsy vir jouself, jou verhoudinge of jou kind.
Mag dit vir jou nuwe insig gee, perspektief en wysheid. En mag dit jou lewe op ‘n ongelooflike manier aanraak.
Ouderdomsbeperking: 16jaar+Ons stel voor dat kinders 14jaar en ouer wat reeds erken dat hulle worstel met verslawing aan pornografie eers ons Hoërskoolkursus kyk en dan hierdie pornografie kursus
-
Hierdie kursus sal jou die wonder laat ontdek van hoe ongelooflik jou liggaam geskape is. Dit sal die nuuskierigheid wat leef in jou hart sommer stilmaak met al die praktiese, reguit antwoorde hierop. Die beste deel van alles is dat jy lekker gaan lag. Sommige goedjies gaan jou dalk ‘n bietjie laat bloos en ander gaan jou ‘n a-ha oomblik laat hê. Maar as jy klaar gekyk het sal jy rustig wees in jou hart, met ‘n vaste wete dat jy nie net kosbaar is nie, maar jou liggaam wonderlik!
-
Hierdie kursus sal jou die wonder laat ontdek van hoe ongelooflik jou liggaam geskape is. Dit sal die nuuskierigheid wat leef in jou hart sommer stilmaak met al die praktiese, reguit antwoorde hierop. Die beste deel van alles is dat jy lekker gaan lag. Sommige goedjies gaan jou dalk ‘n bietjie laat bloos en ander gaan jou ‘n a-ha oomblik laat hê. Maar as jy klaar gekyk het sal jy rustig wees in jou hart, met ‘n vaste wete dat jy nie net kosbaar is nie, maar jou liggaam wonderlik!
-
Reis saam met my deur die verhale van vroue by wie ons leer, vroue met wie ek en jy kan identifiseer.
-
Wanneer 'n soldaat tydens oorlog oorgee aan die vyand, is hy uitgelewer aan marteling, verhongering en geen oorwinning. Terwyl hy gevange leef, weet hy dat die dood sy uitende is. As kinders van God kry ons egter juis oorwinningf wanneer ons oorgee aan God. Ons gee oor aan outoriteit, die Brood van die Lewe en Een wat ons enduit versorg.
Met hierdie konferensie sal jy kan identifiseer met die redes waarom oorgee so moeilik is. Ons wil in beheer wees, sukkel soms om te vertrou, verstaan nie God se planne nie - met die ewige vyand van ons gedagtewêreld. As jy moeg gestry, geswoeg en baklei is, is hierdie konferensie vir jou! As die lewe jou platgeslaan het en jy nie meer antwoorde het vir jou eie omstandighede nie, sal hierdie konferensie se inhoud jou bemoedig. Indien oorwinning en uitkoms die ding is wat jy begeer, sal jy tydens hierdie konferensie leer om stil te raak en te weet dat Hy steeds God is.
-
Die druk op vroue om te voldoen aan ‘n sekere standaard van vrou-wees, hetsy as ma, beroepsvrou of huweliksmaat, word al groter! Tydens die Worthy Women Konferensie is vroue bemoedig met die boodskap dat hulle waardigheid in die Naam van Jesus opgesluit is – nie in hulle voorkoms, prestasies, of vermons nie – net in Hom! Hulle kon opstaan uit ‘n verlede waarin hulle waardigheid gesteel is. Vroue is ook gekonfronteer met die vrae: jy waardig? Is daar kompromie in jou lewe wat God se Woord betref? Watter vrug dra jou woorde en lewenswyse? Glo jy dat die volle Woord van God waar is, selfs in die 21e eeu? In die laaste sessie is vroue bewapen met die openbaring dat God hulle oproep om aan hulle eie mans onderdanig te wees. Die angel is gehaal uit die tradisionele verstaan van onderdanigheid, en vroue is vrygemaak van leuens en wanpersepsies hieroor. Vroue is bemagtig as warriors vir hulle mans, en het geleer waarmee God hulle bewapen het om vir hulle mans te veg In hierdie 3 DVD’s sal jy uitgedaag, bevry, ge inspireer en bemoedig word. In Gretha se Woordgetroue, reguit en skertsende boodskappe sal elke vrou haarself raaksien, en die uitnodiging hoor om een van God se Worthy Women te wees!
-
Worthy Women conference 2010 – Wonder jy soms of God jou gebede hoor? – Voel jy partykeer of daar te veel sonde in jou lewe is, en dat dit die rede is waarom jou omstandighede nie verander nie? Ry jou geloof in God wipplank saam met die duisende emosies wat jy ervaar? – Indien jy een van die vrouens is wat hiermee worstel, is die goeie nuus dat jy nie alleen is nie. Miljoene vroue staan elke oggend op met die hoop dat hulle huwelike gered sal word, hul kinders sal verander, hul gesondheid aangeraak sal word of finansies by ‘n plek van uitkoms sal kom. Hulle bid en glo, maar word soms oorweldig deur die twyfel. Wanneer omstandighede boonop nie verander nie, bevind vroue hulself maklik by ‘n plek van wanhoop, en wonder of God dan nie hul gebede en smekinge hoor nie. By die Worthy Women Konferensie 2010 het vroue weer hoop gekry. As kinders van die Here, is die duisende vroue wat der was, uitgedaag om dieper te delf in die Woord, waaksaam te wees oor die dinge en mense na wie hulle luister, gewaarsku om nie meegesleur te word deur die dinge wat hulle om hulle sien gebeur nie, en bowenal versigtig te wees vir hul gedagtes en emosies. Vroue is bemoedig om vas te hou aan God, sy beloftes en sy Woord. Daarom, met die tema, Geloof, Hoop en Liefde, is elke vrou met nuwe brandende vlam huis toe – gereed om te weet, te glo en te leef dat God ons liefhet en ons hoor, en dat niks ons uit Sy hand kan ruk nie.
-
Wanneer vroue gekonfronteer word met die dolle gejaag van hulle lewe – kinders, kos, werk, voorkoms, huwelik, stiltetyd, finansies, gesondheid, ens. – is daar by meeste geen sprake van oorwinning nie, slegs -n hoop om oorlewing. Wat nog te sê van vry-wees voor God? Ons sleep kettings van moegheid, skuldgevoelens, emosionele bagasie, minderwaardigheid, vrese en wanhoop saam met ons. Elke aand bely ons, en vra oor en oor vir genade, krag en wysheid. Tog raak ons nie ontslae van hierdie gejaagdheid in ons siele nie, sukkel ons om vry te kom. Met 2011 se Worthy Women Conference, het Gretha Wiid vroue bemoedig, bemagtig, ge nspireer en rigting gegee na die plek van vrywees in Jesus Christus! As jy daarna smag om kettingloos te leef, regtig asem te skep en meer te doen as bloot oorleef, is hierdie DVD vir jou. Kom vry, en in oorwinning!
-
Ek weet nie van jou nie,maar ek het ‘n begeerte om ‘n vrou van invloed te wees. Ek wil meer wees as ‘n mamma wat kinders grootmaak, die huis versorg , ‘n inkomste verdien vir my huisgesin se oorlewing of ‘n vrou wat daar is vir my man se behoeftes. Maak geen fout nie; ek WIL al hierdie dinge doen (omdat dit vir my lekker is en omdat dit nodig is). Maar meer nog – ek wil dit doen met ‘n stempel wat ewigheidswaarde het. Ek wil my kinders, my man, my kollegas en familie asook die onbekende wereld daarbuite beinvloed met ‘n geur van Jesus – sy Waarheid, genade en plan vir ons almal. Ek weet dat emosionele wonde my verhinder van geestelike volwassewording, en daarom wil ek God toelaat om daarmee te deal in my lewe. Ek wil wondvry leef sodat ek ‘n instrument van hoop, genesing en inspirasie vir ander kan wees. As jy dieselfde begeerte het, sal hierdie DVD jou inspireer om so n vrou te wees – ‘n vrou van invloed!